Thinus and Ronel

7 JULY 2007 - 1777 days since!

Our Guestbook

Your Name:

Your Message:

Please enter the code above into the text box below
before submitting your message (spam prevention).

 

17 May 2008
Carol de Vries
Well done,

 

6 July 2007
Hein & Elsie
Ja, en so het julle twee se groot dag ook aangebreek... Ons wens julle net liefde en geluk toe. Met die Here aan julle kant, kan julle net die regte pad bewandel. Geniet julle groot dag!

 

21 June 2007
Oom Gerhard en Tannie Daleen
Wil net vir julle sê baie geluk, mag julle 'n wonderlike toekoms saam ingaan. Mag die Here julle baie, baie jare vir mekaar spaar en julle saam baie sukses bereik. Sterke vir die volgende 15 dae. Ons sien julle die 7de Julie 2007, kan nie wag nie. Liefdetjies van ons almal in Pretoria.



 

29 April 2007
Francois ana Emailman
Nou net die goeie nuus gehoor, wil vir julle albei sterkte vir die volgende 68 dae toewens, weet die senuwees begin knaag al. Julle is bedoel vir mekaar en gaan 'n groot sukses daarvan maak

 

27 April 2007
Mamma Petra (ma van die bruid)
Ek hoor julle altwee praat as ek die inhoud hierbo lees.
Mag die toekoms vir julle groot verrassings, voorspoed en vreugde inhoud. Die lewe is 'n op- en afdraende pad. Gelukkig se ons Hemelse Vader dat Hy in ALLE omstandighede by ons is - ons hoef nie te vrees nie! STUNNING-en dit is WAAR!!

Ek is lief vir julle altwee. Onthou ons het almal swakhede en sterk punte. Om vir altyd bymekaar te kan bly moet altwee partye hierdie dinge onvoorwaardelik aanvaar. Geduld met mekaar en vergifnis is 'n groot deel van 'n geslaagde huwelik.

In alles wat julle dink, doen en se, vra vir julleself af of dit tot eer van die Hemelse Vader is of sal wees. Wandel in Sy lig en anker julleself op ons drie-enige God en Vader.

Baie sterkte met die troureelings.Kophou!!!

Liefde , Mamma

 

14 April 2007
Pa van die bruidegom
Ons staan 'n seun af,op wie ons as ouers baie trots is,maar ons wen 'n dogter by. Ai, ek wens partykeer dat ek my lewe kan oorhê en meer tyd by my kinders kon deurbring.Die lewe snel so gou verby en hier voor ons lê ons oudste seun se troue. Hy beweeg saam met Ronel 'n nuwe toekoms in en beplan 'n nuwe lewe met nuwe belange en in my hart skree dit ,maar jy het nog nie eers kans gehad om jou seun behoorlik te leer ken nie. MAAR dit bring my by die boodskap wat ek regtig wil los(en miskien is dit iets wat nog lank na die troue lê) My seun moenie dat jou besige skedule jou eendag van jou kinders weghou nie Spandeer tyd saam met hom/haar/hulle en maak tyd ,al het jy dit nie.Ek is niks bekommerd op hierdie stadium oor die komende huwelik nie ,want ek weet Ronel en Thinus pas bymekaar en sal gelukkig wees. Aan julle albei wil ek net sê: Baie geluk met die voorgenome huwelik en mag God altyd nommer een in julle verhouding wees want sonder HOM kan niks bestaan of floreer nie." Jammer vir my deurmekaar en ongeordende boodskap ,maar ek het presies geskryf soos dinge by my opgekom het.
Ek verlang na my oudste seun en wens baie dae ek kon net gou iets met hom deel.Maar daar is seker iets soos internet en SMS'e deesdae,maar dit is maar nie dieselfde nie.
Groete en baie liefde aan julle abei,so vêr van ons.

 

13 April 2007
Moeder van die Bruidegom
So deur die jare moet ek erken dat ek my "bedenkinge" gehad het oor hier kleine ou mensie wat in ons lewens gekom het. Ek glo dat elke moeder haar eersteling sal wil beskerm, maar soos die dae en jare gevolg het, moet ek erken dat ek nogals lief geraak het vir die "jumping jacqueline in a box". Soms wil ek haar nogsteeds oor my skoot trek, maar dit laat ek aan Thinus oor!
Ons wense vir julle is dat julle vir God ALTYD heel eerste sal stel in julle lewe, dan julle gesin, familie en laaste, maar nooit die minste nie, julle vriende.
'n Seun afgestaan en 'n skoondogter gewin!
Baie geluk julle twee en mag julle liefde bloei en groei soos julle die lewe saam tegemoet gaan. Afdae gaan daar wees, maar glo my, die "making up" gedeelte is soveel lekkerder.
KOM TERUG KAAP TOE!!!
'n Moeder wat baie verlang *tonne dwukkies"

 

6 April 2007
Christo
Baie geluk julle twee!.

Ek het altyd geweet dit sou gebeur en ek gaan alles in my vermoë doen om by te woon.

ek het 'n klein surprise vir julle as wanneer ek daar opdaag. :p

Laat asb froegtydig weet sodat ek verlof kan insit en dinge reel

cheers

 

25 March 2007
WeddingSA Team
Congratulations from WeddingSA!
Good Luck with the planning and may your wedding day be everything you dreamed it to be!