![]() |
![]() |
|
![]() |
||
![]() |
![]() |
Ronél:
Thinus is 'n egte Kapenaar, daar gebore en getoeë, wat maar nog baie terug verlang na die skoon lug! Hy het verlede jaar Julie opgetrek Jo'burg toe om 'n lewe vir ons hier te kom skep, en om nader aan my te wees. Dit nadat ons vir 5 1/2 jaar lank 'n langafstand verhouding gehad het. Hierdie was seker die beste "boost" vir ons verhouding ooit! Skielik weet ons ook wat dit is om 'n "normal couple" te wees, om flieks te gaan kyk, en sommer op die ingewing van die oomblik by mekaar te gaan inloer. Wat 'n vreugde! Vandat hy in Jo'burg is, het dink vinnig gebeur. Ons was binne 3 maande van sy aankoms verloof, en skaars 'n jaar na sy aankoms sal ons getroud wees. SO COOL!
Die beste manier om Thinus te beskryf en sy rol in my lewe, is my sielsgenoot en my BESTE maatjie! Hy was al deur soveel dinge saam met my. Deur hom sien ek God 'n werklikheid word in my lewe...met God en hom aan my sy is ek nie bang vir enigiets nie. Hy dra enige iemand op sy hande, en hy help waar hy kan. Hy aanbid die aarde waarop ek loop, en pas my net so mooi op soos hy nog al die jare sy ma oppas. Hy is blymoedig in alle omstandighede, en staan ALTYD gereed met 'n grappie om mens op te "cheer". En as jy 'n tegniese probleem ondervind met jou rekenaar of "appliances", is hy daar om jou op die regte pad te sit...of om jou te begelei na die regte internet-site toe. Hy is GEK na Google, en is 'n regte Geek, wat lief is vir leer en om sy kennis met ander te deel. Thinus is so 'n saggeaarde mens, wat God liefhet, en sy aardse besittings met sy medemens sal deel waar hy kan. Hy is gek na kinders, maak baie lekker fudge en pannekoek, gee lekker drukkies, en hou van figuurtjies verf. Hy is 'n wonderlike steunpilaar vir my, veral nou in my finale jaar van Arbeidsterapie. Hy maak seker dat ek darem skoon klere het in die week vir prakties...hy was my uniform oor die naweek vir my, en maak seker dat ek kos het, hy koop vir my baie Two-minute Noodles, en yoghurt met muesli, sodat hy weet dat ek in die week darem SOORTVAN iets behoorliks inkry...hy's baie goed vir my!
Thinus is die eerste vriend van my wat my ouers so onvoorwaardelik aanvaar...ek dink nie hulle kon 'n beter ou vir my gekies het nie. Hy deel hulle, en my, waardes en geloof, en ek dink my ouers is oneindig dankbaar dat daar iemand is wat my in toom kan hou wanneer dit nodig blyk te wees. Thinus is ook "stunning" met my vriendinnne, en probeer altyd almal by 'n geselsskap betrek - hierdie man het kennis op VELE gebiede, hy is soos 'n spons wat net algemene kennis opsuig! WOW!
Vir Thinus kan ek net met lof toe sing. Ek kan skaars wag om die res van my lewe met hom te spandeer. Ek dank die Hemelse Vader vir die vriend, en toekomstige man, wat ek in Thinus het. I know God raised him to be a fair and just partner, and a godly head of our household following the righteous ways of God.
Ek kan aanhou om te "brag" oor my ou...maar ek sal nou eers so bietjie stop. :-)
Thinus:
Ronél word in een woord beskryf! Mal!
Maar so mal soos sy is bly ek baie lief vir haar. Ek stap nou al 'n lang pad saam met haar vir die laaste 7 jaar en ek is glad nie spyt oor enige iets nie!
Elke dag saam met Ronél hou vir my iets iets nuuts in om te leer van haar.
Ek is ook BAIE trots op haar met betrekking tot haar studies. Sy studeer op die oomblik by Wits Universiteit vir haar graad in Arbeids Terapie, en sy behoort graad te vang in die eerste week van Desember!
Wil maar net sê, Nella, so crazy soos jy is, dis waarop verlief geraak het al die jare terug. Jy maak die lewe een groot pretspul, en dis eintlik hoe dit moet wees! Die lewe moet geniet word, en ek weet jy is die een met wie ek die lewe moet geniet!
Ons het op 26 Februarie 2000 om 02:30am op #Afrikaans, Zanet Server, IRC, ontmoet. Wel, dit was ons "virtual meeting".
Ons het die eerste keer, in real life, op 11 Desember 2000 ontmoet in Kaapstad, en is van daai dag af al 'n "couple".
6 October 2006
Thinus:
Ek het dit nie RERIG beplan nie... kon net nie anders as om te voel dat "NOU" die oomblik is nie. Ek het na werk vinnig met my ouers gepraat en vir hulle van my "planne" ingelig. Daarna is ek vinnig deur na Potchefstroom toe, om met Ronél se ouers te gaan praat!
Ek het ouers gevra, en was beantwoord met goed soos: "Ja, ek het dit min of meer verwag" en "Sy gaan jou finansieël ruïneer". Die antwoorde het my nie te veel ge-"phase" soos hulle sê nie, maar ek het 'n vaagweg "Ja" woord gekry!
Dis terug in die kar, terug na Johannesburg toe, met 'n goedbeplande voorafgekoopte bos blomme!
Ek het omtrent net voor 11 terug in JHB arriveer en het myself uitgerus met 'n pak klere, die blomme, en natuurlik die ring!
Ek is na haar koshuis toe en beplan dat ek net so voor 12 daar opdaag.
Toe kom die leuens!
Ek bel haar met 'n storie dat ek haar wou verras het met haar verjaarsdag, maar het sonder petrol gaan staan so 'n entjie van haar koshuis af!
Die storie gaan natuurlik gepaard met die storie dat ek vreeslik jammer is, ens., ens.
Ek wag vir haar net om die draai van haar kar. Dit het gevoel of sy 'n ewigheid vat om af te kom!
Toe sy uiteindelik in die kar klim, toe gaan staan ek net buite haar deur met die bos blomme in die hand...
Ronél:
Okay, so ek's daar bo in die koshuis, net klaar gestort en reg om saam met my pelle my 21st in te gaan met 'n BANG! (Alkoholvrye Sjampanje spesiaal vir die geleentheid gekoop) Dis 3 minute voor middernag, en hier kry ek 'n oproep van Thinus af, "Nanna, ek het voel VREESLIK sleg en stupid, maar ek staan hier oorkant Mike's Kitchen sonder petrol. Ek wou jou kom surprise vir jou 21st, maar ja...uhm...kan jy vir my dalk petrol bring?".
Nou kyk, ek was oppad om te kuier saam met my pelle, maar ek sê nie "Nee, dankie" vir my liefling nie. Ek gryp toe die sjampanje, trek soortvan beskaafde klere aan, kry my handsak en hardloop na vriendinne se kamer om te sê ek moet vir Thinus gaan help. Hulle protesteer nog toe ek ingaan in die kamer in, hulle het vir my 21 ballonne opgeblaas vir my B-day, toe laat weet ek die midnight feast is af, ek moet ry. Nogal gesuck, en hulle het gesê hulle gaan dan maar slaap, ons sal die volgende oggend party hou.
In my kar sit ek die sjampanje op die passasiersitplek, my handsak onder my stoel, en toe ek opkyk kry ek 'n klein angina pectorissie...wel, hartstilstand. Want langs my kar staan 'n skim in swart met 'n silwer das en 'n bos angeliere in die hand. Ek maak my deur oop en my eerste instink is om Thinus te klap...ek het nie, toemaar! Ek gee hom 'n drukkie en lag myself stukkend...en bewe van die groot skrik.
Ek sê vir Thinus, "Wag, ek kry gou die sjampanje", en draai om om dit van die sitplek af te kry. Toe ek uit die kar klim, staan die man op sy knieë met my droomring in sy hand! WHAT A SHOCK! (Net twee dae van tevore het hy my laat weet dat ons NIE gaan verloof raak op my 21st nie, siende dat hy noggie my ouers gevra het of ons kan trou nie...en hy is BAIE tradisie-vas! Ek het natuurlik my oë uitgehuil, maar aanbeweeg...hy sou my tog eventually vra.)
En daar vra hy die magical woordjies..."Ronél, sal jy met my trou?"
Die antwoord was "JA!!!!", en toé begin die sports. Hy mik so vir die soen wat natuurlik sou volg, maar, o weë, daar begin ek hiperventileer, huil en lag terselftetyd. En asof dit nie genoeg is nie, hak my kakebeen uit, 'n goeie stuk of 15 keer! Uiteindelik kon ons die langverwagte soen deel....so cool!
Ek het my vriendinne dadelik wakker gebel, hulle laat weet hulle moet afkom en glase saambring... DADELIK. Hulle wou nog protesteer met goed soos, "Ek's klaar in die bed" en "In my nagklere?!", toe knip ek hulle kort met "NOU!". Hulle was skaars by die koshuisdeur, toe hardloop ek na hulle toe, linkerhand uitgesteek, en gesê (ek dink) "Ek's verloof!!!".
Ons het op die grasperk gaan sit, en Thinus het probeer om die prop van die sjampanje af te haal...maar dit was maar bietjie koud. Hy't gesukkel, en maar tog uiteindelik die prop ge-"POP". Ons het lekker gekuier, en toe nag gesê.
Thinus en ek het my oudste broer (Otto) en skoonsussie (Linda) gebel om hulle te laat weet, en toe die res van die mense laat weet. Wat 'n awesome dag!!!!
15:30
Crista Galli
Potchefstroom
Jakkie Koekemoer, Ettienne Fourie, John Swart
Helani Oberholzer, Vici Scott