![]() |
![]() |
|
![]() |
||
![]() |
![]() |
Ek is 'n vierde jaar student wat my graad in BSc Wiskunde Onderwys (in geloof) aan die einde van die jaar by die Universiteit van Stellenbosch sal ontvang. Ek beplan om volgende jaar Paarl toe te trek waar ons kerk, Every Nation, 'n nuwe kerk begin het, en daar skool te hou. Ek is in die aanbiddingspan by Every Nation en love dit om vir die Here te sing! Ek het 'n hart vir Afrika en sal graag eendag daar wil gaan skoolgee. Verder is ek 'n hond-mens wat baie maklik koud kry en 'n spesifieke voorliefde het vir pienk.
Jacques is die rustigste mens wat ek ken. Hy gee glad nie om wat ander mense van hom dink nie en hou my plat op die aarde. Jacques het sy B.Ing Siviele graad aan die Universitiet van Stellenbosch ontvang en werk al twee jaar as 'n siviele ingenieur - hierdie jaar in die Paarl. Jacques het ook 'n hart vir Afrika en hy is vir my die toonbeeld van Jesus se nederigheid. Verder is hy 'n hond-mens wie se hande ALTYD warm is en baie oulik lyk in pienk.
Ons het altwee op Stellenbosch geswot (hy was in Dagbreek en ek in Minerva) en het mekaar by die kerk ontmoet. Hy was die klankman en ek het in die band gesing... Ons het mekaar beter leer ken op 'n Every Nation winterskool-uitreik en nadat ons bymekaar gekom het, het hy 'n jaar in Knysna gaan werk! Maar dit was baie goed vir ons verhouding (God het altyd 'n plan) en nou is ons verhouding sterker as ooit!
19 May 2007
Dit het gereën en ons wou rustig die rugby by Jacques se woonstel in die Paarl gaan kyk. Oppad soontoe moes ons gou by Tannie Santa se huis stop "om die honde kos te gee" omdat hulle weg was vir die naweek. Toe ons daar kom was dit vir my effens vreemd dat mense wat weg is vir die naweek hulle voordeur ooplos, maar ek het niks vermoed nie. Binne was daar kerse teen die trappe opgepak en Jacques se Bybel het op die bankie in die voorportaal gelê. Hy het saam met my op die bankie gaan sit en vir my die Skrif wat die Here vir hom gegee het het (dat ek sy vrou is) gelees. Toe het hy afgegaan op een knie en ek het nie geweet wat om te doen nie! Gehuil en gelag gelyk. Hy het die ring self ontwerp en ek was die eerste een wat dit gesien het - binne in was 'Prinses' geskryf met nog 'n diamantjie in die P. Dit was so mooi! Daarna het hy my by die trappe opgeneem en vir my die beautifulste bos blomme gegee. By die kaggel was sjampanje, 'n choclate fondu met koekies en cherries, chai tee, roosblare en die hele plek was vol kerse. Dit was ongelooflik! Na die tyd het vir my 'n surprise verlowingspartytjie met die hele familie gereël!
16:00
NG Gemeente Philidelphia
Philidelphia
Chantel Prinsloo, Anushka Wohlberg, Grethé Van Rensburg
Jaco Wiese, Edwin Proper, Jaco Schoevers