16:15
Marula Mountain Village
Warmbad
Ry deur Warmbad in Nylstroom se rigting. 7km buite Warmbad is Klein Kariba, draa regoor sy ingang regs op Eersbewoon pad en ry reguit in 500m verder by Marula se hek, hou links en volg die paadjie op teen die berg uit.
18:30
Marula Mountain Village
Selfde as troue
Semi-casual....nie aandrokke nie maar mooi sonrokke dit is Lentedag...mans kan mooi chino broeke of ordentelike khaki's sal nice wees...Kispakke nie nodig en ASB GEEN DENIMS....
Regte Boerekos...skaap..bees...varsgebakte brood....ens. Daar sal wyn, champagne en sap op die tafels wees met 'n kontantkroeg.
Daar is meer as genoeg plek by Marula Mountain Village ( Tel: 014 736 4474)self...daar is Chalets...bostente...karavaanstaanplekke...Aangesien dit 'n naweektroue is wil ons graag he al ons gaste moet oorslaap en dan hou ons die Sondag oggend eers brunch voor almal ry.....Al die fasiliteite en pryse is beskikbaar op hul Webtuiste: www.marulamountainvillage.co.za)
Klein Kariba het ook plek beskikbaar....Tel: 014 736 9800 en is slegs so 500m vanaf Marula.
Sondag oggend:
Vir die wat oorslaap...ons wil graag so 9H00 se kant 'n lekker brunch begin en heerlik saam met al die familie kuier asook die nuwe familie ontmoet.....na 'n ontspannende oggend kan almal rustig vertrek.
Geliefdes van hier en daar
Trou gaan ons voorwaar
So geskenke hoef jul nie te koop
Maar onder die geld kan julle ons doop
Groot liefde & dank
Van Rohann & Sunita solank