Rohann and Sunita

1 SEPTEMBER 2007 - 1617 days since!
 
   
 

About Us

About Rohann

Ek is die seun van Johan en Riekie Jordaan die oudtste en soetste van twee kinders. My skool loopbaan het begin in Newcastle en met in gejuig in 1993 in Pretoria geeindig, met die draai van die eeu het ek besluit om Warmbad toe te verhuis en het myself op Kransdans (ons familieplaas)gaan tuis maak, na vele mislukte boerdery probeerslae het ek maar in die konstruksie in beweeg. In die jaar 2005 het ek 'n aanbod in Pretoria ontvang wat ek nie van die hand kon wys nie, en het in my ouers se voetspore gevolg en weer getrek. Van daar het ek Bostwana, die DRC en al die dorpe in Suid Afrika gesien.

About Sunita

Ek het in Warmbad grootgeword...so 'n regte plattelandse plaasnoi.....My ouers het maar gereeld rondgetrek maar toe hul uit Warmbad wou trek het ek vasgeskop en by my Tannie gaan bly in Warmbad...na skool het ek daar aangebly en elke keer wat ek weggetrek het maar weer teruggekeer....Daar is niks beter as die bosveld nie. Na my verskillende possisies in die Toerisme bedryf, Voertuig industrie en Eiendom verkope het ek besluit om rustiger te raak en het by Rohann aangesluit in Pretoria.

How We Met

BRUID SE WEERGAWE:

Rohann het na Kransdans toe getrek - hul plaas net buite Warmbad - 'n gemeenskaplike vriendin het my aan hom voorgestel. Die beste van als was dat ek almal in Warmbad geken het en ons het dieselfde vriende gehad maar mekaar net nog nooit ontmoet het nie...ons het toe vriende geword...en toe beste vriende....die beste tyd van my lewe..en toe so 2maande later op valentynsdag begin uitgaan...en hier is ons nou..omtrent 4 jaar later.

BRUIDEGOM SE WEERGAWE:

Ek het haar so 6 maande voor die tyd op 'n partytjie gesien, en is weer later aan haar voorgestel deur ons vriendin.....Ek het net nodig gehad om haar een keer te ontmoet en te weet dat ek die res van my lewe saam met haar kan spandeer. Die vraag was net of sy dieselfde gevoel het, maar op 28 Oktober 2006 het my droom waar geword en sy het ja gese.

The Proposal

When we got engaged

28 October 2006

How it happened

Op my verjaarsdag naweek het hy besluit om dit offisieel te maak voor al ons familie en vriende....hy het my na die mooiste plek op die plaas geneem langs die rivier en toe lank gesit en gesels oor ons toekoms...ek het dit glad nie verwag nie...en die ring was amazing....dit is presies wat ek wou gehad het...en die steen was sy geboorte steen. het hy my gevra en die res is geskiedenis....ons het teruggestap plaas toe waar ons familie en al ons vriende gesit en wag het.,....toe ons aangeloop kom het almal al begin huil en gelukwens...hulle het nie eens geweet of ek ja gese het nie....weereens een van die beste oomblikke ooit....

The Wedding

When and where

16:15

Marula Mountain Village
Warmbad

More details

Dit gaan \'n opperse boerebruilof wees...\'n lekker Plaastroue....meel op die dansvloer...bale....lanterns...boeremusiek....kuier...laat aand boma vuur en verder kuier....

The Wedding Party

Rohann's attendants

Quentin Smith, Stefan Komlosy

Sunita's attendants

Liezel van Rooyen, Monje Jordaan

2800 guests have viewed our page