11 March 2007
Hetta Kriel ( Mamma )
My liewe kinders, dit is vir my die wonderlikste voorbeeld van ons Vader se groot Liefde en perfekte tydsberekening. Ek glo dat julle 'n wonderlike geseënde lewe saam sal hê en ook dat die Here 'n roeping op julle lewens het om in Sy Diens te staan. Woorde kan nie my vreugde beskryf oor die vooruitsig nie. Weet dat ek julle baie leifhet en ek glo dat Pappa oor julle glimlag. Wees rustig. Min dae! Als sal goed gaan.
8 March 2007
Alta van der Walt
Die trane die rol oor my wange!!! Ek is so bly vir jou sussa! Wys jou net, God se timing is perfek! En kyk net met wie bless Hy jou!! Ek is so lief vir jou en kan nie wag vir JOU en Johan se groot dag nie! Ontspan, alles sal great wees.
Ons is baie lief vir julle
Alta, Werner en Armin
7 March 2007
Marinda
Mag elke dag bymekaar vir julle net nader aan ons Liewe Vader bring. Geniet elke oomblik! Groete
7 March 2007
Christelle Kriel
Petro en Johan,
Baie, baie geluk! Jul geluk is vir ons ongelooflik belangerik en ons kan sien hoe dit uit jul straal! Bly lief vir mekaar, respekteer mekaar en wees geduldig met mekaar. Dankie dat Carla 'n deel van jul spesiale dag kan wees. Dit beteken vir ons baie! Al ons liefde.
6 March 2007
Shireen Louw
Hi Petro en Johan
Baie Geluk.
Julle lyk na 'n oulike paartjie.
My ma het altyd gese, jou man/vrou ontmoet jy in die kerk.
Ek wil ook weet of julle dalk al op 'n fotograaf besluit het, ek is 'n professionele fotograaf, en bied uitstekende pakette aan wat julle sak sal pas. Ek het 'n online portfolio by www.capeweddings.co.za onder Shireen Louw fotografie en email my gerus enige vra by shireen@eccsystems.co.za.
Dankie julle, en alles wat mooi is.
Groetnis
Shireen
6 March 2007
Magda Marais
Mag Ons Liewe Heer elke oomblik van elke dag julle Kompas en Steunpilaar wees. Mag julle net liefde en genade en baie geduld ontvang vir die paadjies wat vir julle voorlê.
Liefde
15 January 2007
WeddingSA Team
Congratulations from WeddingSA!
Good Luck with the planning and may your
wedding day be everything you dreamed it
to be!